Arthur Honegger

Arthur Honegger in 1928

Arthur Honegger (10 Maart 189227 November 1955) was 'n Switserse komponis van Franse afkoms wat 'n groot gedeelte van sy lewe in Parys gewoon het.[1] Hy was 'n lid van Les Six. Sy bekendste werk is waarskynlik Antigone, wat tussen 1924 en 1927 gekomponeer is ná 'n Franse libretto deur Jean Cocteau. Die libretto is gebaseer op die tragedie Antigone deur Sophokles. Die eerste opvoering daarvan vind plaas op 28 Desember 1927 by die Théâtre Royal de la Monnaie, met rekwisiete deur Pablo Picasso en kostuums deur Coco Chanel. Sy mees uitgevoerde werk is egter waarskynlik die orkestrale komposisie Pacific 231, wat geïnspireer is deur die klank van 'n stoomenjin lokomotief.[2]

  1. [1] Arthur Honegger Oxford Reference Page
  2. [2] Arthur Honegger Encyclopedia Page

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search